Oor die volgende paar maande gaan ek, deur ons mooi land toer en al ons vergete besienswaardigehede weer herontdek. My doel is om so veel van ons waardes wat ons as kinders geken het net weer vir die laaste keer te gaan opsoek en weer beleef.
So kom toer saam met my deur die land en kom herdenk al ons vergete erfenisse saam met my.
Ek wil jou graag vergoed met ‘n spesiale geskenk. Maar ek kan nie vir almal iets gee nie, maar wat ek graag sal wil doen is om jou in die maandelikse kompetisie te plaas en dan sal ek elke maand ‘n wenner kies.
Die voordeel is dat jy elke maand automaties in die volgende kompetisie sal bly.